Afrikaans Bible

PSALMS 64

PSALMS

Return to Index

Chapter 65

1

 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. 'n Lied. 

2

 Aan U kom 'n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word. 

3

 o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom! 

4

 Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U versoen ons oortredinge. 

5

 Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis. 

6

 Vreeslike dinge antwoord U ons in geregtigheid, o God van ons heil, vertroue van al die eindes van die aarde en van die verste see! 

7

 Wat die berge grondves deur u krag, wat omgord is met mag, 

8

 wat die gebruis van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke; 

9

 sodat die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; U laat die uitgange van die môre en die aand jubel. 

10

 U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land. 

11

 U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U seën sy uitspruitsel. 

12

 U kroon die jaar van u goedheid, en u voetspore drup van vettigheid. 

13

 Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulleself met gejuig. [ (Psalms 65:14) Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle. ] 

PSALMS 66

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: