Afrikaans Bible

PSALMS 75

PSALMS

Return to Index

Chapter 76

1

 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied. 

2

 God is bekend in Juda, sy Naam is groot in Israel. 

3

 Ook het in Salem sy tent verrys en in Sion sy woning. 

4

 Daar het Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog. Sela. 

5

 Glansryk is U, heerlik van die roofberge af! 

6

 Geplunder is die sterkes van hart; hulle het hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie. 

7

 Deur u dreiging, o God van Jakob, het strydwa en perd saam bedwelmd geraak. 

8

 U, vreeslik is U, en wie kan voor u aangesig bestaan as u toorn uitgebreek het? 

9

 Uit die hemel het U 'n oordeel laat hoor; die aarde het gevrees en stil geword, 

10

 toe God opgestaan het vir die gerig, om al die ootmoediges van die land te verlos. Sela. 

11

 Want die grimmigheid van die mens moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself. 

12

 Doen geloftes en betaal die aan die HERE julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die Vreeslike, [ (Psalms 76:13) wat die trots van die vorste wegsny, vreeslik is vir die konings van die aarde. ] 

PSALMS 77

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: