Afrikaans Bible

PSALMS 137

PSALMS

Return to Index

Chapter 138

1

 'n Psalm van Dawid. Ek sal U loof met my hele hart; in die teenwoordigheid van die gode sal ek psalmsing tot u eer. 

2

 Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak. 

3

 Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel. 

4

 Al die konings van die aarde sal U loof, o HERE, as hulle gehoor het die woorde van u mond; 

5

 en hulle sal sing van die weë van die HERE, want die heerlikheid van die HERE is groot. 

6

 Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte. 

7

 As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my. 

8

 Die HERE sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie! 

PSALMS 139

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: