Afrikaans Bible

PSALMS 141

PSALMS

Return to Index

Chapter 142

1

 'n Onderwysing van Dawid, toe hy in die spelonk was. 'n Gebed. 

2

 Hardop roep ek die HERE aan, hardop smeek ek die HERE. 

3

 Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend. 

4

 As my gees in my versmag, dan ken U my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir my gespan. 

5

 Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie. 

6

 Ek roep U aan, o HERE! Ek sĂȘ: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes. 

7

 Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk. [ (Psalms 142:8) Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen. ] 

PSALMS 143

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: