Afrikaans Bible

HOOGLIED VAN SALOMO 3

HOOGLIED VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 4

1

 Hoe mooi is u tog, my vriendin, hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe deur u sluier heen; u hare is soos 'n kudde bokke wat van die gebergte van G¡lead afgolf. 

2

 U tande is soos 'n kudde pas geskeerde skape wat van die drinkplek opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie. 

3

 U lippe is soos 'n skarlaken band, en u mond is lieflik. U slape is soos 'n granaatskyf deur u sluier heen. 

4

 U hals is soos die Dawidstoring, gebou met muurkranse waar die duisend skilde in hang, almal skilde van helde. 

5

 U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van 'n gemsbok, wat onder die lelies wei. 

6

 Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, sal ek gaan na die mirreberg en na die wierookheuwel. 

7

 Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar is geen gebrek aan u nie. 

8

 Saam met my van die L¡banon af, bruid, saam met my van die L¡banon af, o kom! Trek af van die top van Am na, van die top van Senir en van Hermon, van die lêplekke van die leeus, van die berge van die luiperds. 

9

 U het my hart gesteel, my susterbruid, u het my hart gesteel met een straal van u oë, met een kettinkie van u halssieraad. 

10

 Hoe skoon is u liefde, my susterbruid, hoeveel beter is u liefde as wyn en die geur van u salf as al die speserye! 

11

 Heuningstroop drup van u lippe af, bruid, heuning en melk is onder u tong, en die geur van u klere is soos die geur van die L¡banon. 

12

 My susterbruid is 'n geslote tuin, 'n geslote bron, 'n verseëlde fontein. 

13

 U spruite is 'n park van granate met kostelike vrugte, henna-blomme met nardus, 

14

 nardus en saffraan, kalmoes en kaneel, met allerhande wierookstruike, mirre en alewee, met allerhande kostelike speserye. 

15

 U is 'n fontein van die tuine, 'n put met lewende water wat van die L¡banon afvloei. 

16

 Word wakker, noordewind, en kom, suidewind, deurwaai my tuin, laat sy balsemgeure uitvloei! Laat my beminde in sy tuin kom en van sy kostelike vrugte eet. 

HOOGLIED VAN SALOMO 5

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: