Afrikaans Bible

JESAJA 3

JESAJA

Return to Index

Chapter 4

1

 En in die dag sal sewe vroue een man aangryp en sê: Ons eie brood sal ons eet en ons eie kleed aantrek; laat net jou naam oor ons genoem word, neem ons smaadheid weg. 

2

 In die dag sal die Spruit van die HERE wees tot sieraad en heerlikheid, en die vrug van die land tot hoogheid en versiering vir die vrygeraaktes van Israel. 

3

 En wie in Sion oorgebly het en gespaar is in Jerusalem, die sal heilig genoem word, elkeen wat onder die lewendes opgeskrywe is in Jerusalem -- 

4

 as die Here die onreinheid van die dogters van Sion afgewas en die bloedskulde van Jerusalem daaruit weggespoel het deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging. 

5

 Dan skep die HERE oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms 'n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar 'n beskutting wees. 

6

 En daar sal 'n afdak wees vir 'n skaduwee bedags teen die hitte en vir 'n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën. 

JESAJA 5

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: