Afrikaans Bible

JONA 1

JONA

Return to Index

Chapter 2

1

 En Jona het tot die HERE sy God gebid uit die ingewande van die vis 

2

 en gesê: Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp -- U het my stem gehoor. 

3

 U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat 'n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan. 

4

 Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou. 

5

 Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai. 

6

 Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God! 

7

 Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel. 

8

 Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is. 

9

 Ek daarenteen sal aan U offer met 'n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die HERE. 

10

 Daarop het die HERE die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug. 

JONA 3

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: